Suid-Afrikaanse Polisiediens

Suid-Afrikaanse polisie in Johannesburg, Mei 2010
Monument van die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Pretoria

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is die Republiek van Suid-Afrika se nasionale polisie. Die 1 138 polisiestasies in Suid-Afrika is volgens die provinsiale grense verdeel, en 'n provinsiale kommissaris word in elke provinsie aangestel. Die nege provinsiale kommissarisse rapporteer direk aan die nasionale kommissaris. Die hoofkantoor is in die Wachthuis-gebou in Pretoria.[1]

Die Grondwet van Suid-Afrika bepaal dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens 'n verantwoordelikheid het om misdaad te voorkom, te bestry en te ondersoek, openbare orde te handhaaf, die inwoners van die Republiek en hul eiendom te beveilig, die wet te handhaaf en af te dwing, 'n veilige en sekure omgewing vir alle mense in Suid-Afrika skep, voorkom alles wat die veiligheid of sekuriteit van enige gemeenskap kan bedreig, ondersoek enige misdade wat die veiligheid of sekuriteit wat enige gemeenskap bedreig, sorg dat misdadigers voor die gereg gebring word en neem deel aan pogings om die oorsake van misdaad aan te spreek.[2]

Amnesty International en andere het ernstige kommer uitgespreek oor die brutaliteit van die polisie in Suid-Afrika, waaronder marteling en buite-geregtelike sterftes.[3][4][5][6][7]

  1. "Contact Us." South African Police Service. Retrieved on 21 November 2017. "SAPS Head Office Wachthuis Building 231 Pretorius Street Pretoria[…] GPS Coordinates: S25.74790 E28.18901"
  2. "SAPS: PROFILE – Vision and Mission". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2011. Besoek op 6 Januarie 2020.
  3. No end in sight for police brutality in South Africa, Justice Malala, The Guardian, 21 Februarie 2013
  4. South Africa, the police state of Brutality, Humiliation, Impudence, The Daily Maverick, 1 Maart 2012
  5. Footsoliders in a social war: the police, crime and inequality in South Africa CHRISTOPHER MCMICHAEL, Open Democracy, 25 Oktober 2013
  6. Police brutality comes as a surprise? Really?, Pierre de Vos, Daily Maverick, 1 Maart 2012
  7. Amnesty International South Africa Report, 2012

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search